7 Desember - Beautiful in Beaufort-Wes - musiekdokumentêr oor Gert Vlok Nel

Donderdag 7 Desember 2017, 19:30 Film + inleiding
Beautiful in Beaufort-Wes - musiekdokumentêr oor Gert Vlok Nel
(NL, 2006, 54 min, Afrikaans gesproke, Nederlandse ondertiteling)
Regisseur: Walter Stokman
Met: Gert Vlok Nel, Albert Nel en Eida Avenant

 

Beaufort-Wes is 'n dorp in die Groot-Karoo, die halfwoestyn tussen Kaapstad en Johannesburg. Een van sy inwoners is die Suid-Afrikaanse digter/liedjieskrywer Gert Vlok Nel. Hy is in 1963 gebore, die jaar dat die apartheidsregering streng sensuurwette instel en Nelson Mandela op Robbeneiland gevange geneem word. Weens sy media-sku houding en sy klein maar hoë kwaliteit produksie, groei Vlok Nel uit tot 'n kultusfiguur.
Walter Stokman soek hom op in Beaufort-Wes, waar hy saam met sy pa woon, en maak 'n pragtige, sfeervolle dokumentêre film vol melankoliese tekste, veral oor persoonlike lyding. Pa Vlok Nel lees 'n paar gedigte van sy seun voor. Die koor van 'n wit hoërskool sing, onder begeleiding van kitaar, Vlok Nel se liedjie 'Rivier'.

Voor die filmvertoning sal die rolprentmaker Walter Stokman 'n kort inleiding gee en daarna vrae van die publiek beantwoord.
 
Plek: Suid-Afrika huis, Keizersgracht 141-C, Amsterdam
Besprekings: evenementen [at] zuidafrikahuis [dot] nl
Toegang: € 7,50
Datum: 7 Desember 2017
Saal oop: 19:00 / 19:30

Suid-Afrika Huis     Keizersgracht 141-C     1015 CK Amsterdam Nederland     tel: +31-20-6249318 fax: +31-20-6382596