Beeldende kunste en lesing in die Maand van de Geschiedenis - 28 en 29 Oktober

Maand van de geskiedenis: Geluk
Saterdag 28 en Sondag 29 Oktober 2017, 11.00-18.00 uur, Beeldende Kunste en Lesing
Guy Königstein - (Un)Shared Histories

Hoe moet en kan ons ‘n komplekse erfenis en pynlike verlede hanteer, en wat kan hierin die rol van kuns wees - benewens die konvensionele geskiedskrywing?
Hierdie vrae staan sentraal in 'n unieke uitstalling en uitvoeringsprojek in die Suid-Afrikahuis eind Oktober, vervaardig deur kunstenaar Guy Königstein.
Na sy verblyf as residensiële kunstenaar in Johannesburg, kom Königstein terug na Nederland en vra homself - en die publiek - hoe jy die soektog na die (materiële en geestelike) geluk uit die koloniale tydperk, in die huidige Suid Afrikaanse samelewing wat steeds swaar gekleur en verdeel is, kan terugvind.

Met 'n reeks voorwerpe, selfgemaakte boeke, foto's en video's wil hy die ruimtes van die Suid-Afrikahuis in Amsterdam omskep tot 'n platform vir selfrefleksie; jy moet nadink oor kolonisasie en herdenkingskultuur, wit en westerse bevoorregting, solidariteit en aktivisme. Nie ver weg in Suid-Afrika nie, maar hier en nou.

 

Die verskillende installasies sal gedurende die naweek (28 en 29 Oktober) vrylik toeganklik wees. Om 12:00 en 17:00 gee Königstein ‘n lesingvoordrag waarin hy sy eie biografiese storie deur die verhaal van hierdie historiese gragtehuis verweef. Die kompleksiteit wat die plek en die protagonis verteenwoordig, word hierdeur duidelik benoem en artistiek benader.

Plek: Zuid-Afrikahuis, Keizersgracht 141-C, Amsterdam
Toegang: gratis
Datum: 28 en 29 Oktober 2017
Open: 11.00 - 18.00 uur (Saterdag en Sondag)
Lesings (in Engels): 12.00 en 17.00

Suid-Afrika Huis     Keizersgracht 141-C     1015 CK Amsterdam Nederland     tel: +31-20-6249318 fax: +31-20-6382596