Dokumentêre film en nagesprek Hennie Serfontein; Ons Man in Suid-Afrika - 25 April

Vertoning van die dokumentêre film en nagesprek tussen sy dogter Anli Serfontein en Lejo Schenk (oud-direkteur IKON).
 
Die stryd teen apartheid in Suid-Afrika is 'n gereelde onderwerp in die geskiedenis van die interkerklike uitsaai-organisasie, die IKON. Filmmaakster Anli Serfontein delf in die verlede en vertel die verhaal van haar vader, die Suid-Afrikaanse joernalis Hennie Serfontein (inmiddels 84 jaar oud). As korrespondent van o.a. die IKON, NCRV en Trouw was hy in die jare ‘70 en ‘80 een van die belangrikste bronne vir onafhanklike beriggewing uit Suid-Afrika. In gesprekke met hom en sy destydse kollegas in Nederland en Suid-Afrika - en met talle argiefopnames uit hierdie tydperk – gee die film 'n uiteensetting van ‘n era van toegewyde joernalistiek, waarin nietemin die vind van waarheid voorop staan, ongeag die gevare wat daarmee gepaard gaan.

"Tydens Apartheid het jy as joernalis in Suid-Afrika die idee gehad dat jy in 'n begraafplaas werk. Elke naweek was daar begrafnisse waarop duisende mense afgekom het. "
 
Na die vertoning van die dokumentêre film gaan Anli Serfontein in gesprek met Lejo Schenk, destydse direkteur IKON, oor die keuses van die joernalis en die waarde van eerlike beriggewing.
 
Plek: Suid-Afrikahuis, Keizersgracht 141-C, Amsterdam
Datum: Dinsdag 25 April 2017
Bespreking: evenementen [at] zuidafrikahuis [dot] nl
Toegang: € 10, -.
Aanvang: 19.30 uur / saal open: 19.00 uur

Suid-Afrika Huis     Keizersgracht 141-C     1015 CK Amsterdam Nederland     tel: +31-20-6249318 fax: +31-20-6382596