Corine's blog

Yesterday - Rolprent in die Zuid-Afrikahuis op 28 September

Yesterday
(Suid-Afrika, 2004, 96 min, Zoeloe gesproke, met Engelse ondertitels)
Regie: Darrell Roodt
Met: Leleti Khumalo, Lihle Myelase, Kenneth Khambula e.a.

Week van de Afrikaanse roman 2017

Die Week van de Afrikaanse roman vind van Vrydag 29 September t/m Sondag 8 Oktober 2017 vir die derde keer plaas.

Ekstra leeskring: Ingrid Winterbach in gesprek met Ena Jansen op 2 Oktober - VOL

Ekstra leeskring: Ingrid Winterbach in gesprek met Ena Jansen op 2 Oktober

Maandag 2 Oktober 2017, 19.30, Week van de Afrikaanse Roman - Literêre gesprek

Op spesiale versoek van die lede van die leeskring van die Zuid-Afrikahuis sal op Maandag 2 Oktober 'n spesiale byeenkoms gehou word. Ena Jansen, emeritus-professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam, tree in gesprek met die Suid-Afrikaanse skrywer Ingrid Winterbach. Tydens hierdie gesprek sal die roman Vlakwater (2016) sentraal staan.

3 Oktober: Misdaadfiksieaand – met Rudie van Rensburg, Peter Römer en Ingrid Winterbach

Misdaadfiksie is sedert 1994 is een van die snelgroeiendste genre’s in Afrikaans. Deon Meyer is 'n wêreldster en ander misdaadskrywers soos Karin Brynard, Chris Karsten, Chanette Paul, Martin Steyn en Irma Venter volg in sy spoor. Ook die naam van Rudie van Rensburg, een van die deelnemers aan die Week van de Afrikaanse Roman, pas in hierdie rytjie. Van Rensburg se romans val op deur die vermenging van misdaad, aktualiteit, kleurvolle karakters, intrige en humor teen die dekor van Suid-Afrika se asemrowende landskap.

Mark Sanders: Learning Zulu - Lesing & V&A - 12 Oktober

Hoekom leer jy Zoeloe? Toe Mark Sanders die taal begin studeer het, is die vraag dikwels aan hom gevra. In Learning Zulu ontdek Sanders hoe Zoeloe as taal die afgelope 150 jaar van die Suid-Afrikaanse geskiedenis 'n belangrike rol gespeel het in eienaarskap, grondbesit en uitsluiting. Sanders ontleed ‘n komplekse kultuurgeskiedenis en kyk onder andere na ''wit toe-eiening'' van die Zoeloe-taal, -musiek en -dans binne die Suid-Afrikaanse kultuur. Daarbenewens kyk hy eksplisiet na die rol van taalsuiwerheid in xenofobiese geweld binne Suid-Afrika en hoe taalgeskiedenis en -politiek individue in 'n veeltalige samelewing beïnvloed.

Sindikeer inhoud
Suid-Afrika Huis     Keizersgracht 141-C     1015 CK Amsterdam Nederland     tel: +31-20-6249318 fax: +31-20-6382596